DIE eienaar van Timbercity Oudts-hoorn, André van Greunen, kom al ’n baie lang pad met dienslewering aan die boubedryf op onder meer Oudtshoorn.
Hy het op 1 September 1977 by PG Building Supplies op Oudtshoorn, wat later PG Bison geword het, begin werk as verkoopsman. Danksy sy goeie dienslewering aan kliënte en betrokkenheid by die gemeenskap het hy tot tak- en streeksbestuurder gevorder.
In 1996 het hy die bedryf van PG Bison op Oudtshoorn oorgeneem nadat hy dit die vorige jaar gekoop het. Hy het die naam later na Timbercity verander. In 1997 het hy ook ’n Timbercity op Beaufort-Wes oopgemaak. Mettertyd het hy en sy familie PG Glass en Glassfit op Oudtshoorn bekom. (Timbercity het ’n tyd lank as PennyPinchers bekend gestaan, maar is nou weer Timbercity.)
PG Glass op Oudtshoorn verskaf nie net motorglas en ruite nie, maar vervaardig ook vensters, deure, storte en ander boubenodighede van aluminium en glas. In 2011 is PG Glass uit 180 PG Glass Dienssentrums landwyd as Franchise van die Jaar aangewys!
In Beaufort-Wes het Van Greunen ook sy sakebelange in die boubedryf uitgebrei met die oopmaak van ’n PG Glass en DIY Depot.
Die Van Greunens se jongste ini-siatief is ’n DIY Depot wat onlangs sy deure op Stilbaai oopgemaak het.
Van Greunen sê sy benadering is nog altyd om as plaaslike sakeman plaaslik te steun. Daarom het hy al en borg hy steeds verskeie groot sportbyeenkomste op onder meer Oudtshoorn.
Die jongste borgskap is vir die tradisieryke driespelrolbaltoernooi van die Oudtshoorn Rolbaklub wat voorheen as die CP Nel Driespel be-kend gestaan het. Dit is nou herdoop tot die Tiumbercity/PG Glass Drie-speltoernooi. (Volledige berig oor die driespeltoernooi op die sportblad.)
• Van Greunen was nou betrokke by die totstandkoming van twee luukse-aftreeoorde op Oudtshoorn, een op Mosselbaai en is nou ook betrokke by die bou van ’n aftree-oord op Stilbaai.
Lang diens aan boubedryf!
Die DIY Depot-winkel wat onlangs deur André van Greunen en familie op Stilbaai oopgemaak is.