Grootvoël Boeremusiekfees: Ontmoet die orkeste!

FRIKKIE MAC DONALD en sy Voorslag Boereorkes is nog ’n groep musikante wat deel van die 2022 Grootvoël Boeremusiekfees op Oudtshoorn gaan vorm. Dié fees vind op 23 en 24 September by die Hoërskool Oudtshoorn plaas.

Die Voorslag Boereorkes bestaan uit ervare lede wat wyd verspreid oor Suid-Afrika bly, maar saam oefen op WhatsApp!

Frikkie Mac Donald: Kom van die Alexandria-distrik in die Oos-Kaap en speel konsertina, ritme-kitaar en mondfluitjie.

Sarel Oertel: Afkomstig vanaf Sasolburg in die Vrystaat. Behalwe vir die Voorslag Boereorkes speel Sarel ook in Die Ouwaenhuis Boereorkes. Verder is hy ook die leier van Outydse Klanke. Sarel was ook betrokke met die opname van Frikkie se album, Met Hart En Siel. Hy speel konsertina, ritme-kitaar, die banjo en baskitaar.

Fritz Schoultz: Afkomstig van Uitenhage in die Oos-Kaap. Fritz het vir ’n hele paar jaar saam met die Hardeveld Boereorkes gespeel. Hy speel konsertina, ritme-kitaar en die banjo.

Mariaan Wiese: Afkomstig vanaf Kaapstad. Sy is lid van die Kaapse Affodille en speel al vir 13 jaar konsertina vir hierdie uitsonderlike dames-boereorkes. Mariaan speel konsertina en baskitaar vir die Voorslag Boereorkes.

Die Voorslag Boereorkes is bevoorreg om hierdie talentvolle mu­si­kante op die verhoog te kan hê!
Koop vandag nog jul kaartjies vir die 2022 Grootvoël Boeremusiekfees, geborg deur TFASA en Radio Namakwaland 93.4fm.

Naweek-kaartjies vir die fees kos R140 en dag-kaartjies R80.

Kaartjies by Brian Nieuwoudt 082 322 7526 of Christo Wiese 083 453 2806.