Die formidabele pa en dogter span, Gideon en Helene Badenhorst, van die boutique prokureurs firma, HB Prokureurs vier vanjaar hul derde verjaarsdag.
Hierdie firma het hul deure vir die eerste keer op 3 Februarie 2021 oopgemaak.
Hul het ook ’n tak op Bellville in Kaapstad, wat deur Innecke Grobler, ’n praktiserende prokureur en aktebesorger bestuur word.
By HB Prokureurs is daar meer as 30 jaar se kennis en ondervinding, en is kliënte beslis in goeie hande.
Besoek hul gerus vir hulp met aktebesorging, eiendomsoordragte, boedels en testamente, hulp met arbeidsreg, padongeluksfonds-eise en siviele litigasie.