Die nuwe generasie van velvernuwing: Wanneer wetenskap en skoonheid saamsmelt

– Promosieartikel
In die moderne wêreld van estetiese velsorg soek mense behandelings wat nie net resultate lewer nie, maar ook die vel op sellulêre vlak verbeter.

By Scent of a Woman Velsorg en Laser Clinic, op Oudtshoorn, onder die bekwame hande van Raynette Schoeman, word drie internasionaal erkende handelsmerke saam gebruik om uitsonderlike resultate te lewer: Bio-RePeel, Alma Lasers, en Colorescience. Saam bring hulle ’n unieke balans van herstel, vernuwing en beskerming.

Stap 1: Vernuwing met BioRePeel – Italiaanse innovasie in ’n botteltjie
Met hierdie produk, direk uit Italië bring BioRePeel van CMED Aesthetics ’n baanbrekende biostimulerende behandeling wat die vel sagkens vernuwe sonder intense afskilfering of rooiheid.

Hierdie twee-fase vel afskilferings (olie en waterbasis) bevat 35% TCA, laktiese en salisiensuur, vitamiene, aminosure en GABA, wat saamwerk om die vel se natuurlike herstel te aktiveer.

BioRePeel verbeter sonskade, pigmentasie, ongelyke toon en fyn lyntjies, en gee onmiddellik ’n vars, gesonde glans.

“Ek sien ongelooflike resultate op sonskade,” vertel Raynette.

“Ek doen my velafskilferings tussen my Alma Laser-behandelings – dit hou die vel aktief, help genesing, en verhoog my laserresultate fenomenaal. Die kombinasie is werklik op ’n volgende vlak.”

Stap 2: Noukeurig met tegnologie – Alma Lasers & BioBoost sinergie
Alma Lasers is wêreldleiers in mediese estetiese tegnologie en gebruik lig- en radiofrekwensie- energie om kollageen te stimuleer, veltekstuur te verbeter, en sonskade en pigmentasie te verminder.

Wanneer dit gekombineer word met BioRePeel se BioBoost-effek, ontstaan daar ’n sinergie wat die vel se herstel versnel en resultate verdiep. Die afskilfering berei die vel perfek voor vir laser deur dooie selle te verwyder en bloedsirkulasie te stimuleer sodat die laserenergie meer eweredig en effektief kan werk.

“Die BioRePeel tree soos ’n ‘BioBoost’ op vir my Alma-behandelings,” sê Raynette.

“My kliënte kan vinniger herstel, beter opname van aktiewe bestanddele en merkbaar helderder en stewiger velle.”

Stap 3: Beskerm en vervolmaak met Colorescience
Geen velsorgprogram is volledig sonder beskerming nie. Colorescience bring klinies-getoetste, dermatoloog-goedgekeurde sonsorg met minerale filters wat beide UVA- en UVB-beskerming bied.

Die gewilde Colorescience Flex is ’n getinte sonskerm wat nie net beskerm nie, maar ook ’n gelyk, natuurlike velkleur gee.

Dit is ideaal ná afskilfering of laser, want dit kalmeer, beskerm en verbeter die vel se voorkoms sonder om dit te verstop.

“My kliënte is mal oor die Flex,” beaam Raynette.

“Dis nie net sonskerm nie, dis deel van die behandeling. Dit laat die vel asemhaal en gee daardie sagte, gesonde glans wat almal wil hê.”

Die resultaat: gesonde, stralende vel met langtermynverbetering
.

Deur wetenskaplike innovering en persoonlike sorg te kombineer, bied Scent of a Woman Skincare Clinic behandelings wat verder gaan as net kosmetiese resultate. Die fokus is op velherstel, balans en beskerming, want ware skoonheid begin by ’n gesonde vel.

Om ’n behandeling te bespreek of vir meer inligting, kontak Raynette gerus by 072 148 75.