Ecohealth: Natuurlik en holisties

– Promosieartikel
Pierre van Eco Health het Vrydag 10 Oktober die mense van Oudtshoorn meer vertel oor sy benadering vir gesondheid en die antwoord is om die regte keuses te maak – kies ’n lewe wat gesondheid, balans en welstand bevorder.

Ecohealth se benadering is natuurlik en holisties. Deur hul produkte en dienste help hulle mense om die oorsaak van hul simptome te verstaan, gesondheidsprobleme te voorkom en natuurlike balans te herstel.

Hulle moedig ontgifting, gesonde gewoontes en positiewe denke aan – alles om die liggaam se natuurlike vitaliteit te herstel.

Ecohealth beklemtoon: ware gesondheid is nie net die afwesigheid van siekte nie, maar die
teenwoordigheid van lewenskrag en bewustelike lewenskeuses.

Om meer uit te vind en Pierre Eco Health produkte te bekom, kontak vir André Vivier by 072 945 3188.