Die Hoorn bring vanjaar ekstra energie na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) met ’n opwindende veldtog wat feesgangers en besoekers beloon.
’n Spoggerige Peugeot Landtrek bakkie, spesiaal gebrandmerk vir die fees, gaan deur die strate van Oudtshoorn ry as Die Hoorn se “feeswiele”.
Die bakkie, met sy treffende groen kleur en wit ontwerp met die slagspreuk “Peugeot jou hier. Peugeot jou daar. En siedaar!”, gaan moeilik wees om mis te kyk. Maar dit is nie al nie…
Feesgangers staan die kans om lekker pryse te wen deur eenvoudig deel te neem aan ’n prettige kompetisie:
- Soek die Peugeot bakkie.
- Neem ’n interessante selfie met die bakkie.
- Skandeer die QR-kode en stuur jou foto vir ons. En siedaar – jy kan ’n prys wen!
Die doel van die veldtog is nie net om sigbaarheid te skep nie, maar ook om feesgangers op ’n speelse manier te betrek en deel van die pret te maak.
Die bakkie sal deurentyd by gewilde feesplekke en besige roetes gesien kan word, so hou jou oë oop – jy weet nooit waar hy volgende gaan opduik nie.
Peugeot jou hier. Peugeot jou daar. En siedaar… dalk wen jy!
(ANGELIQUE ERASMUS)
