Meer as net teater: verrassings by KKNK

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar in Oudtshoorn en beloof van 28 Maart tot 4 April ’n week vol teater, musiek, kuns en unieke Karoo ervarings. Maar vir baie besoekers lê die bekoring van die fees nie net in die teatersale nie.

Een van die gewildste kuierplekke bly die Feesmark, waar besoekers tussen kosstalletjies, kunsvlyt en informele optredes kan rondstap.

Die Feesmark bied vanjaar twee musiekverhoë waar van Suid-Afrika se gewildste sangers en musikante op die verhoog is. Groot konserte soos Karoo Pops (29 Maart) en Kaktus (2 April) bring van Suid-Afrika gewilde kunstenaars na die Karoo, terwyl die Voluit-openingskonsert (28 Maart) die fees tradisioneel afskop.

Buiten die twee musiekverhoë sluit ander doendinge in die Feesmark ook Blitsteater se kort 20 minute teaterproduksies, Klein KKNK-teater, stalletjies, die KKNK-winkel, kroeë, ’n pretpark, ’n ekspo-area deur Klein Karoo Agri en vele meer in. Gratis vermaak is volop in Baron van Reedestraat in die Netwerk24-feeskafee langs die CP Nel Museum, waar gesprekke en ander spesiale ervarings aangebied word.

Boekstories word in die ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books aangebied en die kykNET-leefarea voor die Absa Burgersentrum, straatoptredes deur die dag bied verder ook gratis vermaak. By die RSG en ATKV-Kuierkol (voor die CP Nel Museum) bied RSG en die ATKV vermaak met regstreekse radio-uitsen-dings en ander aktiwiteite deur die dag.

Die KKNK het ook sy program uitgebrei met Engelse en meertalige produksies, wat nie- Afrikaanssprekendes ’n kans gee om die fees te beleef. Hierdie stukke weerspieël die fees se groeiende diversiteit, sonder om die sterk Afrikaanse identiteit te verloor. Dit is hierdie onverwagsheid wat die KKNK so besonders maak.

English productions at KKNK 2026
Visitors don’t need to speak Afrikaans to enjoy the KKNK, with comedy, theatre, and performances that cross language barriers. As the festival guide states: “As a proudly Afrikaans festival, language sits at the heart of the KKNK – but it is by no means a barrier. The 30th edition offers a mix of English theatre, comedy, music, non-verbal performances, visual arts exhibitions, film, and interactive experiences that speak across languages.”

Here’s an overview of four of these English productions:
Police Cops: The Original: High-energy comedy that parodies classic crime shows, performed by a British trio. Expect slapstick, fast-paced action, and plenty of laughs.

Netphlix: A satirical look at streaming culture and binge-watching, poking fun at our obsession with online series.

Play Things: A mix of sketches, monologues, and comedic performances showcasing new and experimental work.

Please, Don’t Call Me Moffie: A moving drama exploring identity, faith, and sexuality through the stories of five young men.

There are additional English productions listed on page 11 of the official KKNK festival guide, which is also available online for those who want a full overview of the English-language programme.

For the full programme and updates, visit the official English KKNK website: https://kknk2026.kknk.co.za/en/english/.