Ontmoet Die Hoorn se nuwe bemarker, Rochelle Murphy. Sy neem eersdaags oor by Elizabeth Iverach, wat ’n nuwe loopbaan aanpak by Bidfood.
Die Hoorn bedank haar vir haar waardevolle bydrae en wens haar alle voorspoed toe met haar nuwe uitdaging, alhoewel sy baie gemis sal word.
Rochelle is bekend in bemarkings- en advertensiekringe en bring onskatbare waarde en ervaring na haar nuwe rol.
Met haar passie vir mense sien sy uit daarna om verhoudings met bestaande kliënte te versterk en nuwe geleenthede te ontwikkel.
Sy nooi besighede om met haar kontak te maak en om meer te hoor oor Die Hoorn se verskeie advertensie- en bemarkingspakkette, wat daarop gemik is om plaaslike ondernemings effektief te bevorder in gedrukte asook digitale media.
Kontak haar by 069 684 1750 of 044 272 5605, of stuur ’n e-pos na pro@hoorn.co.za.
Die Hoorn verwelkom nuwe bemarker
Rochelle en haar man, Nathan Murphy.
Foto: Facebook