Cango’s Rest: ’n plek om elke sak te pas vir elke geleentheid

IS jy op soek na ’n plek om jou troue, verjaars-dagpartytjie, konferensie, jaareindfunksie, ooievaarstee of enige ander geleentheid te hou, maar jou begroting is so bietjie skraps? Dan is Cango’s Rest net buite Oudtshoorn geleë, aan jou linkerkant op pad Schoemanshoek toe en net na die Cango Wildlife Ranch, die plek vir jou!

Die span by Cango’s Rest staan gereed om enige geleentheid aan te bied teen pryse wat jou sak pas. Met ’n konferensiesaal, buitedek en lieflike groen grasperk kan hulle jou help om enige samekoms van enige soort ’n sukses te maak, sonder om jou bankrot te maak.

Volgens die eienaar, Wim Krynauw – oorspronklik van Ladismith – is daar baie veranderinge aan Cango’s Rest aangebring toe hulle dit ’n paar jaar gelede gekoop het, juis met onder meer die gedagte om ’n bekostigbare “venue” op die been te bring wat geskik is vir enige “event”.

“Ons fokus op die mark is om vir die gewone Suid-Afrikaner; om nie net bekostigbare, gehalte-akkommodasie aan te bied nie, maar ook vir enige tipe funksie wat hulle sal wil hou te hanteer. Ons pryse is baie billik!” sê Wim.

Cango’s Rest se saal byvoorbeeld beskik oor ’n grootskermtelevisie en klankstelsel; en hul kombuis is ten volle toegerus om vir enige funksie voorsiening te maak met ’n spyskaart van spesifieke maaltye. Hulle kan ook “platters” voorsien.

Die konferensiesaal self – met ’n mooi uitsig – kan 60 mense in rye stoele akkommodeer en met byvoorbeeld troues, waar tafels nodig is, kan die saal 50 mense hanteer, sê Wim.

Die buitedek maak die uitsig nog meer toeganklik en perfek vir laatmiddag-funksies, veral met die son wat op die horison sak.

Al fokus Cango’s Rest meerendeels op kleiner funksies is daar tog ’n opsie indien jy plek vir meer mense benodig. Die grasgroen grasperk is groot genoeg vir die span om vir jou ’n markiestent op te slaan wat ongeveer 100 mense in rye stoele kan akkommodeer en omtrent 80 mense wat om tafels sit.

“Die kamers wat ons beskikbaar het kan ook deur gaste van jou funksie wat van ver af kom bespreek word tensy daar reeds ander besprekings is,” voeg hy by. Hierdie kamers word dan tesame met die aanbieding van jou funksie teen ’n afslag-prys aangebied.

Hier is van die Winter-aanbiedinge wat Cango’s Rest tans het:

  • Troues vanf R25 000 – dit sluit die saal en dek in vir 45 mense, gedekte tafels met stoele, eetgerei en glase, ’n voorgereg met broodtafel, ’n hoofgereg teen R120 per kop en ’n ligte nagereg. ’n Volle gelisensieerde kontantkroeg is ook beskikbaar.
  • Ooievaars- en kombuistees en so meer vanaf R1 200 – gebruik van konferensiesaal met gedekte tafels en stoele alleenlik.
  • Kinderpartytjies vanaf R450 – gebruik van perseel met tafels en stoele indien nodig. Jy kan byvoorbeeld ook ’n springkasteel op die grasperk opslaan.
  • Verjaarsdagpartytjies vanaf R1 200
  • Akkommodasie vir twee (kamer met dubbelbed) teen R650 en vir 4 – 5 mense teen R850 per aand.
    Versierings vir enige funksie word nie deur Cango’s Rest voorsien nie. “Maar ons kan aanpas by elke persoon se sak. Skakel ons gerus!”
    Cango’s Rest word ook nie deur beurtkrag beïnvloed nie.
    Bepalinge en voorwaardes geld. Skakel Cango’s Rest vir die volle besonderhede van hul aanbiedinge.