WhatsApp-boodskap oor verkragter onwaar, sê Polisie

Update-to-WhatsApp-status-allows-users-to-share-pictures-and-video
‘N WHATSAPP-BOODSKAP wat rondgestuur is oor ‘n reeksverkragter en moordenaar op Oudtshoorn is onwaar, sê kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie.
Die boodskap is volgens Visser op verskeie Whatsapp-groepe met hoofsaaklik jongmense as lede in die dorp versprei en het veral paniek onder jong meisies veroorsaak.
“Die boodskap laat dit klink of hier ‘n reeksmoordenaar en -verkragter in ons midde is en dit is nie die geval nie.”
Visser sê die oorsprong van die boodskap was ‘n misverstand nadat iemand oor die gevare van verkragting gewaarsku is. Dié boodskap het egter ‘n stertjie of twee bygekry en groot paniek veroorsaak.

Sent from my iPhone