Die vyf gelukkige Hoorn-lesers wat elk dubbelkaartjies na die Neil Diamond-vertoning op 14 Februarie op Celebratio gewen het, is:
- Bettie Scheepers
- Reinette Serfontein
- Theunis Venter
- Betsie Roetz
- Johan Ruthven
Dit beloof om ’n heerlike kuieraand onder die sterre te wees. Johan Liebenberg en orkes gaan van Neil Diamond se grootste treffers asook ’n paar spesiale, maar minder bekende liedjies van dié legende sing.
Kaartjies vir die konsert is beskikbaar op www.celebratio.co.za of by Marita by 082 335 6059.
