
Tyres & Treads het Donderdagaand, 9 Maart, op die Oudtshoorn Vaardigheidskool se sportveld, die saketoutrekkompetisie, geborg deur Pennypinchers/Timbercity, gewen. Die spanlede is staande van links Juan Heunis, Wynand Botha, Morné Klopper, Dean Potgieter, Eddie van Greunen, De Wet Britz en Helgaard Terblanche, en voor van links Johan Hendriksz en Ricardo Hiscock. Die naaswenners was Oudtshoorn Vaardigheidsskool met Pennypinchers in die derde plek.