DIE interne DA-tugverhoor van die Groter Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, word volgende Maandag (3 Februarie) voortgesit nadat dit nie verlede week (20 tot 24 Januarie), afgehandel is nie.
Volgens Alan McLoughlin, een van die DA se twee komitee-assistente betrokke by die tugverhoor, is die verhoor geskeduleer om van 3 tot 5 Februarie voort te gaan.
McLoughlin het verlede week aan Die Hoorn gesê die DA poog om die tugverhoor so regverdig en objektief moontlik te maak. (Deur Liesel le Roux)