Ryno Baartman, wat verantwoordelik is vir die skape en beeste op die plaas Voorbedacht buite Oudtshoorn, Dinsdag met drie honde wat hy en die eienaar van die plaas, Chris Botha, vir sterilisasie tydens die jongste Spay-A-Thon op Oudtshoorn na die staatsveeartskantoor geneem het. Foto: Liesel le Roux
Die Spay-a-Thon wat die Animal Care Team (ACT) SA sedert Dinsdag op Oudtshoorn met die samewerking van die staatsveearts aanbied, het teen gistermiddag reeds 71 honde en katte gesteriliseer, met nog tussen 20 tot 30 diere wat vandag aan die beurt sal kom.
Volgens Vanessa Engelbrecht, voorsitter van ACT, het alles tot dusver seepglad verloop en is diere uit die Volmoed-distrik, Dysselsdorp, Bongolethu, Matjiesrivier, Schoemanshoek en van Sassa-pensioentrekkers uit die middedorp gesteriliseer, met die medewerking van die staatsveearts, Oudtshoorn Dogs in Need (Odin), die Diereskut en Chris Botha (Volmoed Boerevereniging).