Bykans R50 000 se Mandrax gevind

Deur Angelique Erasmus
’N 29-JARIGE man van Zoar is verlede Vrydag (23 Augustus) in hegtenis geneem nadat ’n groot hoeveelheid Mandrax-tablette in sy besit gevind is.

Daar is 200 tablette in Stewart Williams se broek­sak gevind toe sy motor tydens ’n roetine­patrollie op die R62 deur die Ladismith Polisie afgetrek is.

Die tablette was in foelie toegedraai en in ’n plastieksak versteek.
Polisiebeamptes het die motor verder deursoek en op nog twee plastieksakke met 298 Mandrax-tablette afge­kom.

Volgens ao Jan Ce­deras, woordvoerder van die Ladismith Po­lisie, is die totale waar­de van die dwelmfonds R49 800.

Williams het op die dag van sy inhegtenis­na­me in die Ladismith Landdroshof verskyn op aanklag van die handeldryf in Mandrax-tablette en bly in aanhouding.

Hy kom weer Maandag (2 September) voor.

Kapt Henry Edwards, hoof van sigbare polisiëring, het mense aangemoedig om dwelmsmokkelaars een die polisie te rapporteer.

“Alle inligting sal vertroulik hanteer word,” sê Edwards.