So lyk die Ford Kuga van Ben en Elsabe Kampher nadat ’n koedoe Woensdagoggend naby Kandelaarsrivier, sowat 15 km buite Oudtshoorn voor die voertuig ingespring het. Volgens Theresa van der Westhuizen van CapeNature moet voertuigbestuurders bedag wees op koedoes – veral skemertyd soggens en saans. “Die veld is baie droog, en die koedoes beweeg tans in die rivierlope waar daar kos is,” sê sy. Lees meer op bl 10. Foto: Schalk le Roux