Nog ’n botsing op dié hoek

Bo: Ruan Louw (21) word Saterdag op die botsingstoneel behandel.                    Regs: Die Mercedes Kompressor wat in die botsing betrokke was.                               Foto’s verskaf

Bo: Ruan Louw (21) word Saterdag op die botsingstoneel behandel. Onder: Die Mercedes Kompressor wat in die botsing betrokke was.
Foto’s verskaf

2 botsing2

Deur Liesel le Roux
’N 21-JARIGE motorfietsryer het Sa­terdag wonderbaarlik ernstige beserings vrygespring toe sy motorfiets omstreeks 10:30 op die hoek van Ba­ron van Reede- en Van der Rietstraat op Oudtshoorn in ’n botsing  was met ’n silwer Mercedes Kompressor.

Die polisie kon nie bewerings be­vestig dat die Mercedes oor ’n stop­teken by dié kruising gery het nie. Daar is stoptekens aan beide kante van Van der Rietstraat waar dit Baron van Reedestraat kruis.
Ruan Louw (21) van Oudtshoorn het vanuit die rigting van George in Baron van Reedestraat gery en die Mercedes in Van der Rietstraat vanuit die rigting van Oudtshoorn-Noord.

Die impak van die bot­sing was so groot dat die Kompressor se buf­fer afgeruk is en dit om­geswaai en met sy neus uit die rigting waarvandaan dit gekom het, op die sypaadjie tot stilstand gekom het.

Ruan is op die toneel deur ambulansperso­neel behandel voordat hy hospitaal toe geneem is vir observasie en X-strale. Hoewel aanvanklik gevrees is dat hy nek- of rugbeserings op­gedoen het, het hy slegs ’n groot kneusplek op sy rug van die botsing oorgehou.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, ondersoek die polisie ’n saak van roe­kelose en nalatige be­stuur, maar is daar  bot­- sende weergawes oor wie van drie insittendes die voertuig bestuur het.

“Daar was nie op die toneel enige aanduiding wie die voertuig be­stuur het nie. Gedurende die ondersoek sal ooggetui­es se verklarings bekom word en ons sal ons laat lei deur die getuienis.”

Visser sê indien ge­tui­enis daarop dui dat die bestuurder onder die invloed was, sal so ’n klagte bygevoeg word.

• Dié straathoek en gedeelte van Baron van Reedestraat tussen die verkeerslig by Kerkstraat en die uitgang na die Kango Grotte is berug vir botsings. Twee motorfietsryers van Oudts­hoorn het die afgelope jare nie te ver van die straathoek nie gesterf. Die eienaar van Alz-Du Konstruksie, Dirk van Niekerk, is in 2016 oorlede, twee weke nadat hy op 14 Maart in ’n botsing by die kruising met St Sa­viourstraat betrokke was, terwyl Zander van der Zandt (16) op 19 Fe­bruarie 2014 gesterf het toe hy in ’n botsing naby die kruising met Hoopstraat betrokke was.

Die Wes-Kaapse Departement van Vervoer skenk tans aandag aan die veiligheid van die straat. Sien ook lesersbrief op bladsy 4.