’n Verklaring is vanaf die VF Plus ontvang met die volgende:

Van links agter staan: Adv. Gert van Niekerk (VF Plus), Aubrey Tsengwa (ANC), Johan Allers (VF Plus). Voor: Sabastiaan Galant (SaamstaanSA), Sydney James (PA), Phumela Nosana (ANC). (Foto verskaf)

“Provinsiale en plaaslike verteenwoordigers van partye het gister (Woensdag 31 Julie 2024) ’n verklaring van voorneme geteken om ‘n regering van plaaslike eenheid in Oudtshoorn tot stand te bring. Good se verteenwoordiger wag nog vir finale goedkeuring van hulle strukture.”

Daar sal vandag om 10:00 ’n spesiale raadsvergadering wees. Een van die agendapunte vir vanoggend is die terugtrek van die mosie van wantroue teen die Speaker, Johan Allers.