
Die botsingstoneel. Foto: Liesel le Roux
’N MAN is Saterdagoggend op Oudtshoorn in hegtenis geneem vir beweerde dronkbestuur na ’n botsing in Voortrekkerweg naby die kruising met Baron van Reedestraat.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is die man ook beboet omdat hy sonder ’n rybewys bestuur het.
Michaels sê die botsing het omstreeks 11:10 plaasgevind toe die die bestuurder van ’n Jeep-stasiewa na bewering die verkeerlig genader en ’n Toyota Camry agterin die Jeep vasgery het.
Beide voertuie was uit die rigting van Calitzdorp op pad.
Volgens Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, is 18 bestuurders op 10 en 11 Februarie in die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir beweerde dronkbestuur. (Berig deur Liesel le Roux)