
’N GRAAD 9-leerder van Langenhoven Gimnasium, op Oudtshoorn, Jolin van Zyl (15), is Dinsdagaaand aan dubbele longontsteking in ‘n hopitaal in Mosselbaai oorlede.
Jolin was die seun van Chris en Hester van Zyl van Mosselbaai.
Volgens Stephanus Potgieter, hoof van Langenhoven Gimnasium, was Jolin verlede Vrydag nog in die skool. Hy was sedert Mei ‘n leerder van die skool.
“Dit is baie tragies. Die skool gaan Jolin mis,” het Potgieter gesê.
‘n Roudiens vir Jolin word Saterdag om 11:00 in die AGS Kerk in Mosselbaai gehou.