’n Gedeelte van Oudtshoorn was Saterdagaand in duisternis gehul nadat dié Volkswagen Up in ’n kragpaal in Noordstraat langs Langenhoven Gimnasium vasgery het. Die krag is later die aand weer aangesluit kort nadat die personeel van die Oudtshoorn Munisipaliteit na die toneel ontbied is. Foto: Schalk le Roux