DIE sms’e het behoorlik verlede week ingestroom in Die Hoorn se kompetisie vir dubbelkaartjies na die produksie Koöperasiestories by vanjaar se KKNK.
Die antwoord op die vraag oor wie die skrywer van die oorspronklike Koöperasiestories was, is natuurlik PG du Plessis.
Koöperasiestories is by vanjaar se fees te sien met bekende akteurs soos Chris van Niekerk, Marion Holm, De Klerk Oelofse, Carel Nel en Margit Meyer-Rödenbeck in die rolverdeling. Die regie word gedoen deur Sandra Prinsloo.
Die vyf wenners van die dubbelkaartjies is JD Visagie, Johan Verwey, Chris Rademeyer, Shirley Erasmus en Angelique Michaels.
Die Hoorn sal met die wenners reëlings tref oor hul kaartjies.
As jy nie een van die gelukkige wenners is nie kan jy steeds vir jou ’n kaartjie gaan koop. Koöperasiestories is elke dag in die Hoërskoolsaal op die planke.