
‘N ICOSA-RAADSLID van die Kannaland Munisipaliteit, Werner Meshoa, is na verneem word vanoggend deur die Valke in hegtenis geneem op ‘n aanklag van bedrog.
Hy het reeds in die Ladismith Landdroshof verskyn en is borgtog van R1 000 toegestaan. Die saak is uitgestel na 15 Maart.
Meshoa is die raadslid vir Calitzdorp en ook die nasionale voorsitter van Icosa.