Foto van vloedwater

Hierdie foto van die vloedwater wat op pad Oudtshoorn toe is, is net meer as 'n halfuur by De Oude Meul sowat 15 km van Oudtshoorn op pad na die Kango Grotte geneem. Gaste wat nie reeds by hul verblyfplekke by De Oude Meul was, sit nou sonder slaapplek vir die oomblik.

Hierdie foto van die vloedwater wat op pad Oudtshoorn toe is, is net meer as ‘n halfuur gelede by De Oude Meul sowat 15 km van Oudtshoorn op pad na die Kango Grotte geneem. Die brug waarmee voertuie gewoonlik na De Oude Meul aan die ander kant van die rivier ry, word hier heeltemal verdwerg deur die vloedwater. Gaste wat nie reeds by hul verblyfplekke by De Oude Meul was nie, kon nie oor die rivier kom nie. Mense het ook die Ou Tol ‘n entjie verder verlaat uit vrees dat hulle daar vasgekeer sou word.