Een van aangeklaagdes kry borgtog

Deur Garnett Wicomb
BORGTOG van R1 000 is in die Oudtshoorn Landdroshof toegestaan aan een van drie mans van Rose Valley wat van moord aangekla word.

Landdros Roelf Konstabel het borgtog aan Elias Kammies toegestaan nadat die ondersoekbeampte, ao Martin le Roux, sowel as die staat nie borgtog teengestaan het nie.

Kammies se medebeskuldigdes, Heinrich September en Joseph Olckers, het besluit om nie om borgtog aansoek te doen nie.

Hulle word van moord op Johannes Jonathan aangekla, wie se lyk op 22 Maart vanjaar op die De Rust-pad naby een van die stopry-punte gevind is.

Die saak is deur Konmstabel vir verdere ondersoek en ’n streekhofbeslissing tot 5 Augustus 2019 uitgestel.