’N JUFFROU met soveel passie, entoesiasme en dryfkrag – dit is hoe kollegas, ouers en vriende vir Johnél van der Westhuizen, skoolhoof van Wesbank Preprimêr beskryf.
Saterdag was die opwinding tasbaar toe Van der Westhuizen as deel van ’n fondsinsamelingsprojek met ’n valskerm uit ’n vliegtuig tot op Laerskool Wesbank se terrein gespring het.
Vanaf 11:00 het almal se oë in die blou lug gesoek na Van der Westhuizen, wat saam met Arenhold Hooper van Skydive Mossel Bay uit die vliegtuig gespring het. Mense kon voorspel waar Van der Westhuizen en twee ander valskermspringers sou land deur ’n blok op die veld te “koop”.
Dié inisiatief was die laaste fondsinsameling van die jaar vir Wesbank Preprimêr onder die leiding van Chrisna Terblanche (voorsitter van die beheerraad) en Morné Tome (onder-voorsitter) saam met die res van die beheerrraad, Van der Westhuizen en haar personeel. (Deur Hermien Brittnell)
Dié skoolhoof laat nie op haar wag nie en spring om fondse in te samel
Johnél van der Westhuizen, skoolhoof van Wesbank Preprimêr (regs) word deur opgewonde kleuters op moederaarde verwelkom en omhels nadat sy Saterdag saam met Arenhold Hooper van Skydive Mossel Bay (heel regs) uit ’n vliegtuig gespring het om geld vir die skool in te samel.
(Foto’s verskaf)