COVID-19: Vrae en antwoorde

• Wat behels die inperking (lockdown)? Dit beteken basies dat alle inwoners Donderdagaand vanaf 23:59 uur in hul huise moet bly, tensy hulle ’n noodsaaklike diens doen of kos en mediese diens­te nodig het.

• Watter plekke sal nog oop wees? Supermarkte, apteke, bankdienste, vulstasies, mediese en nooddienste. Mense wat die voorskrifte van die inper­king oortree, sal ’n boete of tot een maand tronkstraf opgelê word.

• Mag ek by vriende gaan kuier in hul huis? Suid-Afrikaners moet in hul huise bly tydens die inperking en mag nie oor en weer kuier nie.

• Mag ek vir oefening gaan stap of draf, en mag ek my hond saamvat? Die antwoord hierop is nog onseker met teenstrydige uitsprake die week.

• Wat word van mense op straat? Daar is klaarblyklik wel planne vir diegene op straat wat geen heenkome het nie. Dennis Nghonyama, bestuurder van die Departement Maatskaplike Ont­wikkeling, op Oudtshoorn, het gister gewag vir terugvoer van hul hoofkantoor oor dié aspek.

• Wat van begrafnisse? Aansoeke moet by die munisipaliteit se rampbestuursafdeling ingedien word voor­dat begrafnisondernemers mense mag begrawe.