Bouwerk aan nuwe pad skop vroeër af

BOUWERK aan die Oudtshoorn-Dysseldorp-De Rust-pad het verlede week afgeskop.
Die bouwerk sou aanvanklik eers middel April begin het.
Daar is tans een stop-en-rypunt op die pad.

Na verneem word, gaan bouwerk aan die pad tydelik opgeskort word oor die naweek wat die KKNK afskop asook oor die Paasnaweek om besoekers van elders tegemoet te kom.

Die Hoorn kon egter nie voor druktyd bevestiging hiervan kry by die firma wat die pad bou nie.
Die bou­werk aan die gedeelte van die pad tussen Oudtshoorn en die brug net na die Dysseldorp-afdraai sal na verwagting twee jaar duur, terwyl die opgradering van die res van die pad na De Rust in Maart volgende jaar voltooi behoort te wees.

Die nuwe pad tot by die Dyseldorp-afdraai sal breër wees as die huidige pad, en ’n skouer weerskante hê.
Die eerste deel van die pad buite Oudtshoorn sal ook straatligte hê.