April skuldig bevind in sand-en-klipsaak

Tydens die hofsaak is 'n ter plaatse-ondersoek aan Gordon April se huis gebring. Foto: Garnett Wicomb

Tydens die hofsaak is ‘n ter plaatse-ondersoek aan April se huis gebring. Foto: Garnett Wicomb

Die vorige burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Gordon April, en ‘n medebeskuldigde, Raymond Wagenaar, is gister in die Oudtshoorn Landdroshof skuldig bevind aan verskeie aanklagte in die sogenaamde sand-en-klip-saak.

Vonnisverrigtinge het vanoggend begin en is kort na aanvang uitgestel na 5 Mei.

April en Wagenaar het tereg gestaan op vyf aanklagte van diefstal en die onwettige gebruik van ’n munisipale voertuig terwyl April ook aangekla is van regsverydeling en intimidasie.

Wagenaar, ’n munisipale amptenaar, was destyds assistent-direkteur stormwater en strate.

Die hofsaak het gespruit uit die aflewering van sand en klip van die munisipale depot in Oktober 2011 by April se huis.