SPANNING tussen die Groter Oudtshoorn se burgemeester en die bestuur en trusteeraad van die ikoniese CP Nel Museum op die dorp het Dinsdag in politieke spanning tussen die ANC en dié einste burgemeester ontaard.
’n Afvaardiging van die ANC, bestaande uit Cameron Dugmore, die ANC se Wes-Kaapse leier van die opposisie, plaaslike raadslede en parlementslede, het die oggend besoek afgelê by die museum om met Moses Mthethwa, mu seumbestuurder, te gesels oor ’n onlangse uitsettingsbevel wat op die trusteeraad van die museum beteken is.
In ’n persverklaring, uitgereik deur Dugmore, sê die ANC dat die burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Chris Macpherson “ontbloot” moet word vir sy persoonlike kruis tog teen die CP Nel Museum.
Macpherson het op sy beurt twee weke gelede in ’n verklaring wat deur sy kantoor uitgereik is, gesê die uitsettingsbevel is op die museum se trusteeraad beteken en nie bedoel om die museum te sluit nie. (Deur Stefan Skapie Goosen)
• Lees https://www.diehoorn.com/nuus/cp-nel-museum-dugmore-betwyfel-macpherson-se-agenda/
ANC raak betrokke by museum-moles
Die leier van die ANC-opposisie
in die Wes-Kaapse wetgewer, Cameron
Dugmore (heel links) Dinsdag by die CP
Nel Museum saam met (van links), Dora
Moos (Oudtshoorn-raadslid) Ellen Prins
(voormalige parlementslid), en Oudts -
hoorn-raadslede Joey Canary, Sharon
van Rooyen en Zoe Tyatya (hoofsweep
van die ANC). Foto: Angelique Erasmus