2 vas wat blinde vrou besteel

Elmero WIllemse en Denver Springbok, oftewel Genevieve en La Meyla, poseer in Prins Albert se hoofstraat. Foto: Marlene Malan

Deur Marlene Malan
Twee van Prins Albert se bekendste inwoners, Denver Springbok en Elme-ro Willemse, het Dinsdag in die plaas-like landdroshof verskyn op aanklag van diefstal.

Springbok en Willemse, soms be­kend as “La Meyla en Genevieve”, beskou hulself as transgender. Dié fyngeboude twee, albei in hul dertigs, paradeer gereeld in die hoofstraat met skrapse vroueklere aan.

Hulle het ook al ’n sanggroep gevorm en dans graag.

Die twee is einde verlede week op De Rust in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n blinde vrou op Prins Albert se bankkaart gesteel het. Hulle het daarna na De Rust gegaan en na be­wering R2100 se drank gekoop nadat hulle op Prins Albert geld met die kaart getrek het. Ná ’n wenk het die Polisie van Prins Albert en De Rust saamge­werk om die twee aan te keer.

Dit blyk dat die tweemanskap ge-reeld in die moeilikheid is oor diefstal. Hulle maak ook geen geheim daarvan dat hulle hul “drankie geniet” nie, het hulle voorheen aan Die Hoorn gesê toe hulle in die hoofstraat vir die koe-rant op versoek geposeer het.

Die twee vriende het Dinsdag presies eenders aangetrek en met langhaarpruike in die beskuldigdebank ver­skyn. Hulle was geklee in swart spanbroeke en grys langmoutoppies, maar sonder hul gebruiklike keurige grimering.

Die staatsaanklaer, Marvon de Vos, het die hof gevra om die saak uit te stel tot 18 Maart vir verdere ondersoek. Springbok en Willemse bly in aanhouding. Brian Carelse van Regshulp SA het hulle verteenwoordig. Landdros Winegard van Kaapstad het voorgesit.