DIE troebelheid van die water wat Oudtshoorn vanaf die Raubenheimerdam ontvang, het reeds verbeter en behoort volgens ’n verklaring van die munisipaliteit binnekort weer terug te keer na normaal. Onlangse toetse bevestig geen teenwoordigheid van E.Coli in die water nie (E.Coli is ’n aanduiding dat daar moontlike skadelike bakterieë in die water mag wees) en dat die ontsmetting met chloor effektief is. Drinkwater hoef dus nie meer gekook te word nie.
Die munisipaliteit gaan egter steeds voort met ondersoeke na die moontlikheid om ’n suiweringsaanleg op te rig om soortgelyke situasies te kan voorkom.