Die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit se Reinigingsafdeling spog met twee nuwe vragmotors

Die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit se Reinigingsafdeling het twee nuwe vragmotors bygekry om te help om die munisipale gebied skoon te hou – een vir die skoonmaak van oop ruimtes en een vir vullisverwydering in De Rust en Dysselsdorp. Hier by een van die nuwe vragmotors is van links Thomas Matthee (direkteur Gemeenskapsdienste), Jacobus Blaauw (toesighouer), raadslid Hendrik Luiters (voorsitter Gemeenskapsdienste), Herold le Kay (bestuurder Rei­nigingsdienste) en Colan Sylvester (burgemeester). Foto verskaf