GOEIE nuus vir biblioteekgebruikers in die Groter Oudtshoorn is dat alle uitstaande biblioteekboeke vanaf 16 tot 23 Maart boetevry na biblioteke teruggeneem kan word. Dié vergunning wat die Groter Oudtshoorn-raad verlede Vrydag goedgekeur het, maak deel uit van Suid-Afrika se nasionale Biblioteekweek en is ’n inisiatief van die provinsiale biblioteekdiens.
Biblioteekgebruikers is egter steeds verantwoordelik vir boeke wat beskadig of weg is.