DIE Oudtshoorn Polisie het die naweek by twee geleenthede persone in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ammunisie.
In die een geval het die polisie Saterdag omstreeks 20:30 ’n 27-jarige man in Steenboklaan, Bridgton deursoek en 40 haelgeweerpatrone in sy besit gevind.
Die man was ook in die besit van dwelms.
Sondagoggend omstreeks 11:45 is ’n 47-jarige man deursoek en ’n .38-patroon in sy besit gevind.
Die polisie het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om inligting aan die polisie te verskaf indien hulle bewus is van persone met ammunisie in hulle besit waarvoor hulle nie ’n lisensie het nie.