Polisie vra hulp met gesteelde motor

Honda Ballade 2

’N HONDA BALLADE wat die nag van 1 Mei uit Bondstraat op Oudtshoorn gesteel is, is naby die dorp se vullisterrein gevind.

Die groen 1984-motor was egter sonder al sy wiele en die motorradio.

Die Oudtshoorn Polisie het ’n beroep op inwo­ners gedoen om hulle te help met enige informasie oor die diefstal van die motor. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.

Kontak die ondersoekbeampte, ao Cooper van die Oudtshoorn Voertuigmisdaadondersoekeenheid, by 082 522 2720 of 044 274 4702.