
Die foto van die Kango Grotte wat CNN by hul artikel gebruik het.
Deur Liesel le Roux
DIE Kango Grotte buite Oudtshoorn is een van 23 plekke in Suid-Afrika wat die nuusdiens CNN gekies het vir ’n foto-artikel oor Suid-Afrika.
Die artikel vier “van die beste” wat Suid-Afrika kan bied en is geplaas om saam te val met die viering van Vryheidsdag verlede week.
Die artikel lui onder meer: “Its human history is checkered, but South Africa’s natural wonders have never been less than glorious. From surf-ravaged beaches to big game-roaming national parks, towering mountains to flooded wetlands, stunning coastal drives and the junction of two oceans – the Atlantic and Pacific – at the Cape of Good Hope, South Africa is blessed with treasures. To honor the occasion, we’ve put together images of the best places to see in the Rainbow Nation.”
Die onderskrif vir die foto oor die Kango Grotte bestempel die binnekant van die Grotte as ’n “paleis van pragtige stalagtiet- en stalagmietformasies”.
Behalwe vir die foto van die Kango Grotte sluit die ander 22 foto’s die Augrabies Waterval, Namakwaland se blomme, die amfiteater in die Drakensberge, die Vallei van Verlatenheid by Graaff-Reinet, Johannesburg en Pretoria se jakaranda- bome, die Bo-Kaap, die Blyderivier Canyon en natuurlik Tafelberg en die Kruger Nasionale Park in.