■ Graag wil ek vir Ralph en Sylvester van die elektriese afdeling van ons munisipaliteit bedank vir hul vriendelike diens na-ure, om die kragtoevoer na Melvillestraat 70 te herstel! Ons het groot waardering daarvoor! Leonie Saayman en Baby van Rooyen
■ Waarom word daar so baie aan die Kliplokasie gedoen wat die huise met hul eie hande gebou het en klippe wat hul self uitkap, terwyl die Volmoed- gemeenskap jare se winters en somers in plaathokkies bly tot die dood toe? Wie betaal die trokke wat gate boor vir nog krag of is daar nog van die Lotto-geld oor? Verniet water, verniet kragpale. Wat gaan aan? Volmoeder
■ Uiteindelik is daar na maande se gesukkel ’n datum vir Bridgton Rugbyklub se volgende algemene ledevergadering nadat die laaste op 13 Junie gehou is. Daar is ’n minderheidsbestuur van drie lede, die enigstes wat lede mag koöpteer, vanaf 15 Junie met SWD wat hande gevou staan. Lede en ondersteuners, hou Donderdag, 11 Oktober, oop vir jul bywoning.