Sms’e van lesers

■ Een van die ou bome by die Kerkstraat-swembad het Maandag omgeval.

■ Een van die ou bome by die Kerkstraat-swembad het Maandag omgeval.

■ Dis ’n mors van geld om straatname soos Voortrekkerweg nou te wil verander. In Vuyani­straat en Infullsingel kan jy nie eers jou deur oopmaak as daar ’n voertuig ry nie. Kom maak dit ook ASB reg, munisipaliteit. Daai vaal sand wat julle daar gebruik het, maak die mense siek. Ontstoke inwoner

■ In verband met die berugte kruising by Van der Riet- en Baron van Reedestraat waar al die ongelukke plaasvind: Toets die polisie die mense vir drankinname?

■ Ek het drie maande gelede foutiewe straatligte op die hoek van Vierdelaan in De Rust by die Oudtshoorn Munisipaliteit gerapporteer en die ligte is nog nie vervang nie! Die munisipaliteit gee nie om vir ons mense se veiligheid nie, en maak ook nie die Polisie se werk makliker nie! MJVR, De Rust

■ Parkweg-Suid is die nuwe renbaan in CG. Die voertuie jaag vir dood vanaf die Agri-winkel tot onder by die perdeklub.Wanneer word hier vir spoed gevang en vir dronkbestuur ?

■ Oudtshoorn is in ’n dilemma vasgevang met vuil water. Munisipaliteit, verduidelik vir ons hoekom is ons water ekstra vuil op Maandae – ek bedoel sommer modderbruin! Jy kan nie eers wasgoed was nie. Wit klere kom bruin uit. Hoe kan ’n mens sulke water drink? Dit is onaanvaarbaar. Ons is geregtig op skoon drinkwater. Dit is die beleid in ons land. Dit is wet; so ons moet hulle hof toe vat. Maar een kan dit nie alleen doen nie. Dit moet ’n saamstaanpoging wees. Wys die munisipaliteit ons is nou keelvol. JB

■ Wanneer gaan die mense stop by ’n stopstraat? Baie min voertuie stop. Waar is die wetstoepassers in Oudtshoorn?

5 Gemors Victoria

5 Gemors Victoria2

■ So lyk dit in Kerkstraat elke Donderdag voor­­­dat die vuilgoedwa kom. Dan moet die arme munisipale werkers dit optel. Ek het met hulle gepraat en hulle sê dit help niks om by die munisipaliteit te kla nie. Is daar regtig niks wat ons kan doen aan hierdie saak nie? Dit is egter ook nie alle sakkrappers wat so optree nie.