SMS’e van lesers

Dit is ’n wonder dat daar nie veel meer ongelukke op die draai by die stasie plaasvind nie. Bekendes weet daarvan, maar daar is GEEN waarskuwing van die skerp draai nie. Hoe moet vreemdes daarvan weet? Gaan kyk gerus. Petro Heyns
*****

’n Mangoboom groei wel op Oudtshoorn en dra vrugte. Dié mango kom van ’n pit wat my man so drie jaar gelede geplant het en hierdie is die resultaat. Hy oes sy eerste mango’s. Dit wys dat dit wel in Oudts­hoorn groei en dra. Paula van der Westhuizen *****

’n Cycas Revoluta-saadbol (broodboom) met sowat 500 sade! So twee jaar gelede het my man van dieselfde brood­boom saad ge­oes. Hy het so 500 van dit geplant en die broodboompies gekweek en toe van die hand gesit. Paula van der Westhuizen
*****

’n Cycas Revoluta-saadbol (broodboom) met sowat 500 sade! So twee jaar gelede het my man van dieselfde brood­boom saad ge­oes. Hy het so 500 van dit geplant en die broodboompies gekweek en toe van die hand gesit. Paula van der Westhuizen *****

Mangobome groei wel op Oudtshoorn en dra vrugte. Dié mangoboom kom van ‘n pit wat my man sowat drie jaar gelede geplant het en hierdie is die resultaat. Hy oes nou sy eerste mango’s. Dit wys dat dit wel op Oudtshoorn groei en dra. Paula van der Westhuizen
*****

Was dit nodig om so ’n ontstellende foto op die voorblad te plaas?
*****
Die Relay for Life is elke jaar ’n wonderlike ervaring. Dankie aan almal wat gehelp het.
*****
Laas week se voorblad was baie ontstellend. (Dit was ’n ontstellende voorval. Lees asb Redakteursbrief op bladsy 4. – Redakteur)
*****
Regstelling in verband met ’n sms van verlede week: Dit het onder Die Hoorn se aandag gekom dat die R1 500 wat ingesamel is met die Doggy Dance nie as kontant geskenk is aan Oudts­hoorn Dogs in Need nie, maar gebruik word om kos te koop vir diere en aan die diereskut geskenk sal word. – Redakteur