Baie dankie vir die welkome Klein Karoo-kaart in verlede week se Hoorn. Groot waardering! AS
*****
Ek sal voorstel die beddings in Voortrekkerstraat moet met ’n onkruiddoder gespuit word. Dit kan gedoen word sonder dat die rose beskadig word. Dit vereis minder arbeid en met die regte onkruiddoder sal mens maksimum twee keer ’n jaar hoef te spuit.
*****
Ons wil aansluit by dankbare gryskoptannie se SMS in verlede week se Hoorn oor puik en vriendelike diens deur mnr Carelse by die verkeersafdeling. Baie dankie. Hoop die verkeershoof neem kennis.
*****
Dankie vir die verkeerspadtekens wat onder nuwe bewind weer ’n slag geverf word. Dit is netjies en dit trek aandag. Ek weet dat onder die vorige mense daar in ’n stadium vir sewe maande geen materiaal was om die werk te doen nie. Leser

Noorse wat in Hoogstraat voor Boulders se afdraai in al hul glorie blom ondanks die droogte. Sandra Bekker

Lekker pryse gewen
Sonia Louw van die Karoopark Aftree-oord op Oudtshoorn was op Saterdag, 18 November, die wenner van ’n gelukkige trekking by ’n kettingwinkel op Oudts-hoorn wat saam met ’n selfoonverskaffer gehou is. Sy het ’n sambreel, handdoek, selfoon en lugtyd gewen.