Die nasionale vervolgingsgesag lewer patetiese diens. Hulle beskerm nou vir die korrupte Zuma.
*****

Maandagoggend 10:10. Bestuurder se reaksie – hy mag daar parkeer en dis nie ’n probleem nie.
*****
Nie ’n voorstaander van in sakke krap nie. Vra hulle waarvoor hulle soek. Daar is nie kos in die sakke nie. Plaas dan bottels en blikkies in verskillende sakke en sit dit saam met ander sakke uit – dit verseker hulle dat daar niks in die ander sakke is nie.
*****

Hoeveel het dit gekos om die pavers te lê en na 90 % gesteel is, is die kontrakteurs besig om dit te verwyder. Seker nou sement of teer gooi.
Verbasend en skokkend hoe sommige mense hul posisies meer ag as hul werknemers se menswaardigheid. Wat het van wedersydse respek geword? Want sonder jou posisie is jy absoluut niks. Respek en karakter dra baie meer gewig.
*****
Die afgelope tyd is daar gekla oor die infrastruktuur van die dorp, maar nou dat daar natgemaak, geverf en geskoffel word, kla die mense nog altyd. Iets is fout met die hoop klakouse in die dorp. Kyk net hoe mooi lyk die dorp al klaar nadat daar geverf word en die middelmannetjies water kry. Hou net op kla, asb en wees ’n slag dankbaar.
*****
Dankie aan die Britnells wat die strate om hul huis laat skoonmaak het. Jammer jul werker moes sy werk verloor omdat mense daaroor gekla het. Hoe kan mense kla as iemand die dorp wil skoonmaak!
*****
Dankie aan almal wat agter die skerms ander help en bystaan en nie die behoefte het om vir almal daarvan te vertel nie.