SMS’e van lesers

Anna-Mart, baie geluk met jou aanwysing as landwye prosawenner van senior leerders in die jaarlikse skryfwedstryd van die Bloemfontein Skrywers­vereniging. Oom Jan en tannie Isabel Loubser
*****

Mac Barry – dankie dat jy ruggraat wys en weier om met korrupte leiers te werk. Die mafia moet gestop word.
*****

Dankie, Mac Barry, dat jy Kannaland met jou gewete lei. Wys daar is nog ware leiers in die ANC.
*****

God is welkom by skole, maar nie sy seun en fami­lie nie. Satan en sy hele familie wel. Fanie Marais
*****

Op soek na my wit en bruin pekinese-hondjie wat weg geraak het in Schoemanshoek, Oppidamomgewing. Ska­- kel/sms asb 072 643 3577
*****

Die ANC het reeds so baie probleme. Nou wil hulle Kannaland aan Icosa – wat reeds opgemors het – verkoop. Nee Faiez Jacobs, jy sal die ANC in Zoar dan versmoor.
*****

Dit is interessant hoe baie mense dink hulle probleem is die enigste wat daar is en boonop die grootste. Word wakker en kyk om julle rond. Daar is ’n groot wêreld met baie issues daarbuite. Almal kan nie net altyd spring om jou eerste te help asof hulle niks het om te doen nie. Dit geld die mense ook wat so aanhoudend kerm en kla oor die munisipaliteit.
*****

Wil net graag weet: kan die munisipaliteit nie net ’n bietjie meer moeite doen met die vullisverwydering nie? Ek staan en hou hul dop vanoggend voor St Tropez woonstelle in Hoogstraat. Hulle tel die swart sakke op en as dit breek en vullis val uit los hulle alles net so! Nee, man! Dit lyk vieslik na hul die vullis verwyder het! Dan moet hulle ten minste iemand op die trok sit om skoon te maak daar!