Sms’e van lesers

■ Baie dankie aan die Besigheidskamer en Hennie Davel vir die vullisdromme in die middedorp. Groot asseblief hier in St Johnstraat by Deo Volente-gebou waar baie mense rus en ook sit en eet op die stoep. Hier is baie voete daagliks op pad van en na die hospitaal. Kan ons die dromme nie ook ’n vrolike gesig gee met die slagspreuk “Ek is Oudts­hoorn” nie? Magda

■ Waarom is die sloot wat deur Jan van Riebeeckweg op die hoek met St Johnstraat vir die aanlê van vesel gesny is, net halfpad herstel? Elders in die dorp is die slote mooi toegemaak. Wie gaan betaal vir die skade aan die bande van al die voertuie wat deur dié sloot be­skadig word?

Kinderkrag! Straatkinders van Oudtshoorn help ’n bus hier om aan die gang te kom. Foto: Alewyn Hanekom

Be the first to comment on "Sms’e van lesers"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*