Deur Liesel le Roux
Daar is nie veel wat kan kers vashou by die onverwagse blommeprag in die Klein Karoo-veld in ’n tyd van erge droogte en hitte soos nou nie.
Die pers en geel wat tans op plekke te sien is, herinner almal watter dankbare plek die Klein Karoo is as slegs net ligte reën val – soos die foto onder wys wat sommer langs die pad in die Lategansvlei-omgewing geneem is.
Met die skaarsheid van water en reën wil ons inwoners aanmoedig om oral waar moontlik water te spaar – in die kombuis, badkamer en die tuin.
