Links: Joop Steenkamp, bestuurder van De Rustica met die Absa toptien-toekennning.
Foto verskaf
Deur Angelique Erasmus
DE RUSTICA se enkel-kultivarolyf
olie, Frantonio, is pas as een van die toptien-olyfolies in Suid-Afrika gekroon. Dit is die tweede keer agter-eenvolgens dat De
Rustica, wat net buite De Rust in die Klein Karoo geleë is, een van Suid-Afrika se toptien-olyfolies maak.
Die olie is deel van ’n nuwe reeks enkelkultivars wat deur De Rustica bekend gestel is, en is slegs verkrygbaar by die landgoed.