Baie dankie, munisipaliteit

Dit is heerlik om weer op die sementpaadjie na Schoemanshoek te kan fiets­ry met ’n roete wat nou nie meer oortrek is van duwweltjiebossies nie.

Baie dankie aan die Oudtshoorn Munisipaliteit, parke en betrokkenes!

Dit maak fietsry ’n groot plesier en baie veiliger vir ons gebruikers.

– Manus Blignault, Oudtshoorn