Dr Lizelle Nortjé
Dr Lizelle Nortjê, nuwe ginekoloog van Mosselbaai, het by die SAMA-kongres gesê dat kanker van die baarmoedermond (servikale kanker) steeds miljoene vroue jaarliks laat sterf en dat die voorkoms daarvan toeneem.
Die oorsake van dié kanker is legio – vanaf geneties tot die vroeë aanvang van seksuele aktiwiteit, menigvuldige bedmaats, onhigiëniese en promiskueuse leefstyle wat herhalende virusinfeksie met die spesifieke stamme van die Papillomavirus tot gevolg het.
Die spesifieke virus is die hoof-oorsaak van die kanker en kan voorkom word deur die vroegtydige en regte inenting van alle meisies van 9- tot 12-jarige ouderdom. Die inenting is ook beskikbaar vir volwasse vroue en nou ook in sekere lande al aanbeveel vir jong seuns.
• Dr Nortjé het tydens ’n geselligheid vir die vroue van die dokters wat die SAMA-kongres bygewoon het, gesels oor onder meer seksua-liteit en sensualiteit in die middeljare en hormoonvervangingsterapie.