Deur Ilze-Mari Gründling
’N VOORMALIGE Oudtshoorniet en stigter van die Facebook-groep Oudtshoorniete Staan Saam, Pierré Jordaan, se toestand was gisteraand stabiel nadat hy ’n operasie van nege ure ondergaan het om twee hartkleppe te heg wat gebars het.
Jordaan is in die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal geopereer nadat hy onlangs siek geword het. Sy ma, Margeret Jordaan, het gisteraand gesê die operasie was ’n sukses.
“Hy het nou ’n lang sny op sy bors. Ek het met hom gepraat – in ’n stadium het hy sy kop so bietjie geskud. Hy is tans aan ’n suurstofmasjien gekoppel. Ons wil net die Here dank vir alles wat Hy vir ons kind doen.”