Oudtshoorniete stap in die Karoo
Stappers van die Klein Karoo Voetslaanklub van Oudtshoorn het onlangs ’n nuwe vyfdag-sirkelstaproete, Grootriviers- poort, in die Steytlervillle-distrik, aangepak. Van links is Nanie Janse van Rensburg, Frederik Stapelberg, Sovita Wag- ner, Marieke Warnich, Kitty Weber by Don Horn (regs). Die staproete is op Horn se seun se plaas waar hy ook geboer het. Horn woon deesdae in Oudtshoorn, soos sy dogter Ilsa van Schalkwyk.
Stappers op die roete oornag in ’n skaapwagtershuis, twee kothuise en ’n grot langs ’n rivier. Navrae: Hannes Horn (082 497 2372 of hannes@lets-help-africa.org)